Toutjies SNy Program
Met wie omkring jy jouself daagliks?
Vandag wil ek met jou praat oor die die mense waarmee jy jouself omvou.
En hoe negatiewe vriende en familie, jou lewe op ‘n stilstand kan bring.
Waar jy voel jy nêrens kom nie, of selfs soms voel dat jy dieselfde omstandighede, oor en oor beleef.
Dit is bitter belangrik om jouself te omkring met mense en situasies wat jou lewe verreik, wat jou gelukkig maak en lekker laat voel.
Elke oomblik van jou dag is deel van ‘n VORTEX agtige energie stroom, wat jou nader bring, aan waarmee jy jou gedagtes en tong besig hou….
Met watse tipe gesprekke hou jy jouself besig,
waaraan dink jy daagliks.
Wat gaan in jou gedagtes aan,
hoe voel jy elke dag.
Hoe meer jy betrokke is met gesprekke en gedagtes wat jou ontstel of selfs net effens sleg laat voel.
Hoe meer en meer bring jy jou volgende dag na die middelpunt van dai VORTEX van negatiewe konitasies.
Kom ek verduidelik dit op ‘n ander manier, ek gaan hier onder ‘n paar voorbeelde noem en hoe dit jou daaglikse ondervindings,
en selfs jou toekoms pad beinvloed.
• Jy bevind jouself in ‘n setuasie, ‘n emosionele setuasie waarin jy regtig nie wil wees nie, bv. jy woon tussen mense wat jou menswaardigheid afkraak, deur jou sleg te sê of deur altyd ander mense sleg te praat.
Miskien bevind jy jouself tussen mense wat nie in jou idees glo nie.
Of dalk iemand wat nie luister nie en net altyd praat oor hom/haarself en nooit jou kans gee om jou mening te lig nie, of self net jou eie verhaal te vertel van die dag wat jy ondervindings het.
Hierdie tipe situasie is regtig nie gesond nie.
Om vasgevang te wees in so ‘n tipe setuasie, het meer invloed op jou lewe en toekoms, as wat jy besef.
Dit beinvloed waantoe jy gaan, waar jy jouself bevind elke dag, en dis ook hoekom jy sommige sinarios aanhou herleef.
Dieselfde lewens dramas waardeur jy gaan, dieselfde tipe verhoudings waarin jy betrokke raak, dis asof jou lewe net die hele tyd op een plek bly.
Jy word vasgevang in ‘n vortex van erkenbare verhale, waarvan jy nie eers regtig hou nie.
Dis dan wanneer jy onbewustelik jouself begin afkraak of enige tipe van negatiewe selfpraat begin toepas.
Iets soos
“Nee ek kannie dit doen nie”
“ek sal nie dit kan reg kry nie”
“Niemand verstaan my nie”
“Niemand luister na my nie”
“Ek is nie so goed soos dai een nie”
“Almal sê ek is soos my Ma/Pa/Tannie/Oom/ sussie/boetie”
of wie ookal.
• Dalk bevind jy jouself in ‘n werksituasie waar jy sit met briljante idees, maar jy het net nie die selfvertroue om dit met jou kolegas te deel nie. En omdat jy in jou aftyd, die heletyd moet aanhoor hoe almal vir jou vertel, dat jou planne nie kan werk nie. En self glad nie eers soms vir jou luister nie…het jy ‘n vaste en blywende gevoel gevestig in jou hart en onderbewussyn dat jy “nie kan nie”
Hoeveel keer is jy in situasies, waar jy iets wil sê maar net nie die selfvertroue het om dit te uiter nie.
Hoeveel keer bevind jy jouself in situasies waar jy voel dat jy vir iemand kan raad gee, maar net nie jouself sover kan kry om dit te offer nie.
Is dit omdat jy diep binne bang is, dat hulle gaan dink dis ‘n slegte idee, of nie goeie raad nie.
Is dit omdat jy bang is, hulle wys vingers na jou, en jou lewe wat self nie perfek is nie.
Is jy bang om jou hart te spreek, omdat jy al soveel keer in jou lewe moes hoor dat jy moet stilbly, of dalk dat jy nie weet waarvan jy praat nie.
Of dalk is jy net eenvoudig bang dat hulle nie regtig vir jou sal luister nie.
Ons gaan almal hierdeur. Dis menslik en normal.
Die enigste verskil tussen jou wat hierdeur gaan en die persoon wat werklik suksesvol is.
Is dat jy jouself nog nie kon losskeur van wat ander om jou dink en sê van jou nie.
Jy kon jouself nog nie losskeur van wat ander van jou verwag nie.
En kon dit nog nie reg kry om ‘n pad te volg wat jou neem na waar JY wil wees nie.
Die rede hiervoor is, die pad na sukses is soms eensaam, veral as jy jouself tans bevind tussen negatiewe invloed.
Om dan suksevol te wees, gaan beteken dat jy moet toutjies sny.
Dat jy meeste van jou huidige verhoudings en kennise sal moet skuif na die agter grond.
Gee jouself kans om uit te vind, wie jy regtig is, sonder ander se alewige invloed.
Ja, ek het gesê dat jy jouself gaan moet vind.
Dit is ‘n klein sinnetjie wat baie mense krap in die hart.
Maar in hierdie konteks is dit regtig goed bedoel.
Sien jouself as ‘n emmer waarin siels-water gedra word.
Jou emmer word propvol getap met
Wils-krag,
selfvertroue,
drome,
idees,
sukses verhale,
liefde,
trots,
gemak en vrede.
Maar elke keer wanneer jy betrokke raak in negatiewe gesprekke, of die ontvanger is van negatiewe woorde…elke keer as iets negatiefs in jou pad val, is dit asof iemand met ‘n gaatjie ponser ‘n gaatjie in jou emmer slaan.
So loop jy deur die lewe en ontvang meer en meer gaatjies in jou emmer.
Die dag as jy by jou beplande bestemming aankom is jou emmer leeg.
Dan weet jy nie hoe om dinge te handteer nie.
Dis in hierdie tye wat jy gryp na negatiewe kragte (woorde) om jou emmer gou weer vol te kry.
Soos
“Dis hulle skuld dat ek sit waar ek is”
“As ek nie dit of dat moes doen nie, sou ek nou suksesvol gewees het.”
“ek kannie”
“Ek is nie slim genoeg nie”
“Ek het nie die regte persoonlikheid nie”
“Ek het nie genoeg geld nie”
“Ek ry nie die regte voertuig nie”
en so aan en so aan.
Daa’s atyd verskonings. Wat ek hier wil sê is, sonder dat onsself agter kom,is dit ons self, wat toelaat dat ons emmers leeg raak, voor ons by ons bestemming aankom.
Moenie mismoedig raak nie. Ek is hier om te help. Ek sal jou onafhanklike vriend wees wat jou help om jou emmer weer vol te maak van jouself. Saam sal ons werk, tot jou emmer vol is van jou eie waarigheid, selfvertroue, liefde, suksess, vrede en baie baie self-liefde.
My naam is Annemarie Bezuidenhout, Ek is ‘n gesertifiseerde
Life Coach
en ook
LOA Practinioner for Wealth.
Wat is ‘n Life Coach dan:
Dit is iemand wat gefokus bly, iemand wat aan jou kant is, dai iemand wat onafhanklik en sonder enige kretiek na jou kan luister en saam jou planne maak. ‘n Life Coach is gekwalifiseerd om jou te kan verskaf met die regte tegnieke en gereedskap om saam jou, jou pad na jou drome oop te maak.
Dis iemand wat jou ondersteun en ook, jou kan aanvat as jy die pad duister raak.
Om saam ‘n Life Coach te werk is baie spesiaal en kan ‘n fantatiese ondervinding wees, as die klient besef dat dit nie die werk van die Life Coach is om sy lewe te verbeter nie.
Maar in teendeel dat die werklik werk by die klient lê.
Jou Life Coach is jou maat, jou onafhanklike vriend, en jou mentor.
Sy/Hy sal vir jou alles gee en uitwys wat jou pad na jou drome makliker maak.
Maar dis steeds jy wat die stappe sal moet neem.
Steeds sal dit jou verandwoordelikheid wees om die regte aksies te neem op die regte tye, terwyl jou Life Coach die hele tyd saam jou stap.
Dink aan jou Life Coach as jou persoonlike Assistant wat nie vir jou werk nie, maar eerder saam jou werk.
Is jy gereed om suksesvol te wees Is jy gereed om met vrede in jou hard rond te loop Is jy gereed om werklike geluk te smaak Is jy gereed om jou emmer weer vol te maak Is jy gereed om jouself te bederf Is jy gereed om jouself life te hê Is jy gereed om in jou toekoms te belê kliek op die link hieronder en belê vandag in jou pragtige toekoms.
Ek gaan saam jou die pad stap na wonderlike veranderings in jou lewe.
Saam gaan ons deur hierdie program werk en seker maak dat jou emmer weer gevul word, met liefde, sukses, vrede, selfvertroue, en wonderlike blywende verhoudings.
Ons gaan saam werk om seker te maak dat jy raak gesien word, dat mense na jou idees luister, en dat jou drome realiteite word.
Ons gaan saamwerk om jou vriendskap verhoudings, liefdes verhoudings en werk verhoudings gesond te maak.
Jy verdien om raak gesien te word.
Jy is sterker as wat jy huidiglik besef.
Kom ons leer saam hoe om jouself te vind en hoe om ander om jou positief raak te sien,
en hoe om die mense wat naaste aan jou is, en dai mense wat jou hartseer maak, of nie in jou glo nie, en nie vir jou wil luister nie,
na die agtergrond te skuif.
Ek is baie trots op jou.
Ek wil hê dat jy moet goed voel oor jouself, trots wees op jouself.
Die Toutjies-sny Program is nie net ‘n belegging wat jy maak vir jou huidige lewe en setuasies nie, maar ook vir die res van jou lewe.
Die tegnieke wat jy hier gaan leer, gaan vir jou ‘n pad oopmaak na ‘n toekoms van wonderlike ondervindings en konneksies.
